ATKV-TIENERTONEEL NASIONALE FINAAL (GROEP 1)

07 Oct - 17:00
09 Oct - 11:30
Prys: R150
Vertonings in groep 1 is:
• Die Hoërskool Noordheuwel met Antler
• Die Hoërskool Parel Vallei met Grootvoet
• Selborne College met Jesaja
• Die Hoërskool Zwartkop met Vrolike Ferdie en Vriende
Meer oor ATKV-Tienertoneel:
Die ATKV-Tienertoneel magneetkrag was vanjaar gelaai met 3 250 tieners wat deelgeneem het aan 200 produksies oor nege landswye streeksfeeste.
Die top agt produksies is genooi na die nasionale finaal en is gereed om deur die ongesiene krag van teater mense soos ’n magneet bymekaar te bring – ongeag taal, kultuur of herkoms.
Belê in die toekoms van teater deur die beste produksies in Suid-Afrika te ondersteun by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch vanaf 7 tot 9 Oktober 2025.