ATKV-Tjokkertoneel is die vinnigste groeiende deel van die ATKV se toneelaanbod en bring slim, opwindende mini-tonele van 25 minute wat laerskoolkinders die mag van storie, taal en visuele uitbeelding laat ontdek. 

Hier word selfvertroue, kommunikasievaardighede en verbeeldingsvermoë speels en magneties ontwikkel.

Na vier streeksfeeste regoor Suid-Afrika – Durban, Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad – met 1 200 tjokkerdeelnemers en 67 produksies, word die top-6-tjokkerproduksies nou genooi na die nasionale finaal.

Die ATKV-Tjokkertoneelfinaal sluit in:

Die dag toe Willie Wepener skoolhoof geword het deur die Laerskool Durbanville
Kassandra en die Bendehuis deur die Laerskool Roodekrans
OP DIE SPEL deur die Laerskool Gene Louw
Potloodsakkie – agter die zip deur die Laerskool Durbanville
Romeo en Juliet met tamatiesous deur die Laerskool Tygerpoort
sjuut! deur die Laerskool De Hoop

Belê in die toekoms van teater deur die beste produksies in Suid-Afrika te ondersteun by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch vanaf 7 tot 9 Oktober 2025.