ATKV-Tjokkertoneel: Wes-Kaap

Tyd: 16:30
Prys: R75
WEES MAGNETIES IN DIE WES-KAAP
Belê in die toekoms van teater deur die jong tjokkertalent in Suid-Afrika te ondersteun by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch vanaf 18 tot 20 Augustus 2025.
Lees die program hier vir meer besonderhede. (Link to programme:KLIK HIER OM DIE PROGRAM TE BEKYK). Die program is onderhewig aan veranderinge.
Die program begin elke aand om 16:30. Die streeksfeeswenners word na die laaste optrede op 20 Augustus aangewys.
Meer oor ATKV-Tjokkertoneel:
Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig.
Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.