Word deel van Squish en Splat se avonture, in ’n wêreld waar verbeelding geen perke het nie en empatie die middelpunt is! Hierdie poppespel is ’n wonderlike teaterervaring vir jong avontuurlustiges. Die avontuur begin wanneer Squish en Splat vertrek op ’n waaghalsige soektog om ’n plastieksak uit die see uit te red.

Dit is ’n vermaaklike en insiggewende reis. Die magiese kuns van poppespel word gekombineer met die gevoel van ’n gunsteling kinder fliek. Ka-BOOM! beloof om jong gehore aan te gryp, terwyl die klimaatkrisis en angs wat daarmee gepaart gaan op ‘n empatieke en speelse manier aangepak word.