’n Nuwe vertaling en verwerking van Tennessee Williams se tydlose meesterstuk The Glass Menagerie.

Ontknoop die fyn web van liefde en verlies, gespin deur ’n matriarg om haar gesin tot elke prys bymekaar te hou – en hoe graag elkeen van hulle wil ontsnap. Speelgoed van glas is ’n boeiende, hart­roerende uitmekaarskeurverhaal, ’n meesleurende verkenning van broosheid, verlange en die feilbaarheid van familie.

Met Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin

Regisseur, vertaler, ontwerp Nico Scheepers
Skrywer Tennessee Williams
Verhoogbestuur Nell van der Merwe

’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi en die Baxter-teater