Vingerklap- en voetestamplekker sêr wat sorg vir hoendervleisvermaak trek vanjaar soos ’n magneet jong talent en gehore bymekaar. 

ATKV-Sêr is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling – ’n kunsvorm waar elke noot en beweging sy eie kragveld het.

ATKV-Sêr vir tieners het tydens die ATKV-Tienertoneelstreeksfeesfinale landswyd sy stempel in teaters afgedruk. Nou is die vier nasionale finaliste gereed om op 6 Oktober by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch, Kaapstad deel te wees van die ATKV se nasionale magnetiese toneelfinaal – ’n aand waar die energie tussen die verhoog en gehoor voelbaar gaan wees.